Wen: Kom kyk die eerste SA Wêreldbekerwedstryd by Klein-Kariba

Siya Kolisi neem ’n foto saam met ’n paar ondersteuners tydens die Springbokke se vaarwel-seremonie op die OR Tambo-lughawe (Augustus 2023) (Foto: Phil Magakoe/AFP)

Suid-Afrika speel Sondag, 10 September 2023, ons eerste groepwedstryd in die Rugbywêreldbeker. Een gelukkige Maroela-leser en sy/haar metgesel kan dié wedstryd saam met ons by ATKV Klein-Kariba kom kyk.

Die Springbokke kom om 17:45 teen Skotland te staan by Stade de Marseille in Frankryk.

Die befaamde sportkenner en gewese SuperSport-programleier Arnold Geerdts gaan ook by ons aansluit sodat ons saam ons spelers in groen-en-goud kan ondersteun.

Wat kan jy wen?

Een gelukkige Maroela leser en ʼn metgesel word genooi om Sondag, 10 September by ATKV Klein-Kariba oor te slaap waar hulle saam met Maroela Media en Arnold Geerdts die eerste Springbokwedstryd van die Rugbywêreldbeker by Klein-Kariba se Bokkiepark gaan kyk.

Die prys sluit ʼn braaivleis-aandete saam met ons en ontbyt die Maandagoggend in.

Jy moet self jou vervoer na en van Klein-Kariba reël.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Woensdag, 6 September 2023.

Oor ATKV Klein-Kariba

Sowat negentig minute van Johannesburg af, net buite Bela-Bela, sprankel ATKV-Klein-Kariba in een van die Waterberge se mooiste klowe.

Hierdie pragoord bied ’n wye verskeidenheid akkommodasie met egte Bosveld-gasvryheid.

ʼn Verskeidenheid aktiwiteite, ontspanningsgeriewe en fasiliteite soos ‘n restaurant, kitskosafdeling en ʼn goed toegeruste winkel verseker dat gaste nie een ongerieflike oomblik beleef nie. Boonop is Klein-Kariba geleë op die Bosveld-toeristeroete en die ideale basis vir verskillende dagtoere.

Met moderne fasiliteite vir groepe van tot 700 bied ATKV-Klein-Kariba se rustigheid en vreedsame stilte die perfekte atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning en konferensies.

Of kom maak jou droomtroue waar met ʼn bostroue in ons eie klipkapel by ʼn betowerende waterval.

ATKV-Klein-Kariba – ware gasvryheid by die juweel van die Bosveld!

Klik hier om jou volgende vakansie te bespreek.

Skryf nou in

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum vir inskrywings is 6 September 2023.
  • Die wenner sal lukraak uit alle inskrywings getrek word.
  • Die wenner sal op 7 September 2023 op Maroela Media aangekondig word.
  • Die wenner sal telefonies en per e-pos deur Maroela Media gekontak word.
  • As jy nie iets van ons hoor nie, kan jy aanvaar dat jy nie een van die wenners was nie.
  • Die prys kan nie vir kontant verruil word nie.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Jy moet self jou vervoer na en van ATKV Klein-Kariba reël.
  • Drankies (alkoholies en nie-alkoholies) en verversings is nie by die prys ingesluit nie.
  • Maroela Media en die ATKV kan nie aanspreeklikheid aanvaar indien jou inskrywing ons weens enige rede nie betyds bereik nie.
  • Maroela Media, die ATKV en Arnold Geerdts is nie verantwoordelik vir enige skade of verlies wat jy of jou metgesel mag ly voortspruitend uit die kompetisie nie.
  • Prys is nie oordraagbaar/verkoop- of omruilbaar nie. Pryswenner moet identifiseerbaar wees by oord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.