Wen: Verwelkom lente met groot opwinding by 4×4 buitelug ekspo

Groot opwinding wag op besoekers van die South African 4×4 & Outdoor Show. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch/Maroela Media)

Die winter is stadig maar seker besig om te groet en watter beter manier is daar om die lente te verwelkom as met ʼn heerlike buitelug ekspo?

Die South African 4×4 & Outdoor Show, aangebied deur Trio Events, vind weer plaas van 1 tot 3 September 2023 by die Voortrekkermonument in Pretoria. Vier gelukkige Maroela Media-lesers staan elkeen die kans om ʼn gesinskaartjie vir vier mense na dié geleentheid los te slaan.

Hier word die heel nuutste in 4×4-, buitelewe- en kampeerprodukte wat tans in Suid-Afrika beskikbaar is, uitgestal. Oudergewoonte sal daar vir minder avontuurlustiges ʼn kuns- en snuffelmark wees waar daar van die beste gekeurde produkte verkoop sal word, asook ʼn verskeidenheid van heerlike feeskosstalletjies vir eetgoed om aan te smul.

Besoekers sal verder die geleentheid kry om vir André de Villiers van die gewilde kykNET-televisieprogram 4×4 met André te ontmoet en hom boonop agter die stuurwiel te ervaar met ritte in sy viertrekvoertuie.

Ruaan Jordaan, Deon Groot, Dewald Dippenaar, Pieter Smith, Liezel Pieters en Arno Jordaan is maar net ’n paar van die kunstenaars wat die skare sal vermaak.

Daar sal ook ʼn gerieflike, gratis pendeldiens tussen die parkeerterrein en ingang beskikbaar wees vir diegene wat hul energie vir die ekspo wil spaar.

  • Dagbesoekerkaartjies wissel tussen R40 en R120 en is aanlyn beskikbaar deur Ticketpro, asook by die hekke tydens die geleentheid. Kinders onder 12 geniet gratis toegang.
  • Tree met Tersia in verbinding by 072 487 0000 of via e-pos by [email protected]indien jy nog navrae het.

Wen

Vier gelukkige gesinne (van vier lede elk) staan die kans om dagbesoekerskaartjies vir die South African 4×4 & Outdoor Show te wen. Die kompetisie sluit Sondag 27 Augustus om 23:45 en die wenners sal per e-pos of telefonies in kennis gestel word.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes:

  • Die kompetisie sluit Sondag 27 Augustus om 23:45.
  • Wenners sal lukraak gekies word.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind, waarna Maroela Media met die wenners in verbinding sal tree.
  • Sodra alle wenners gereageer het, sal hul name op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Die prys sluit sleg toegang na die ekspo in. Wenners is self vir reis- en verblyfreëlings verantwoordelik.
  • Deelnemers moet in Suid-Afrika woon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.