Soorte resepte:

Resep: Appelkoolslaai

Appelkoolslaai (Foto: Lapa Uitgewers)

Dié verfrissende slaai is ʼn wenner vir enige lentebraai.

Lewer 4 tot 6 porsies

Bestanddele

  • 750 ml gekapte kopkool
  • 1 ongeskilde rooi appel, ontpit en gekap
  • 1 ongeskilde Granny Smith-appel, ontpit en gekap
  • 1 wortel, gerasper
  • 125 ml fyngekapte rooi soetrissie
  • 2 sprietuie, fyngekap
  • 80 ml mayonnaise
  • 80 ml bruinsuiker
  • 15 ml suurlemoensap

Metode

  1. Meng die kool, rooi en groen appel, wortel, soetrissie en sprietuie in ʼn slaaibak.
  2. Meng die mayonnaise, bruinsuiker en suurlemoensap goed saam.
  3. Giet die sous oor die slaai, meng deur, bedek die bak en laat vir ten minste 1 uur in die yskas rus sodat die geure kan meng.

Bron: Lekker en Vinnig – Vrugte
Uitgewer: Lapa 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.