Soorte resepte:

Resep: Chakalaka-en-kaasbrood

Foto ter illustrasie. (Foto: Sigmund/Unsplash)

Met die Kersseisoen wat byna hier is, is dit tyd om bykosresepte te begin versamel. Maak hierdie chakalaka-en-kaasbrood wanneer jy lus is vir iets nuuts op jou feestafel.

Maak 1 brood

Bestanddele

  • 5½ k (1 375 ml) bruismeel
  • 1 t (5 ml) sout
  • 1 t (5 ml) varsgemaalde swartpeper
  • ¼ k (60 ml) gekapte pietersielie
  • 1 k (250 ml) gerasperde Clover- cheddar- of goudakaas
  • 1 k (250 ml) Clover Amazi
  • 1¼ k (310 ml) Clover- laevetmelk
  • ¼ k (60 ml) Clover Springbok- botter
  • 410 g blikkie chakalaka

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 190 °C en smeer ʼn broodpannetjie. Sif die meel en sout bymekaar in ʼn mengbak.
  2. Voeg die peper, kruie en helfte van die kaas by. Klits die Amazi, melk en botter bymekaar in ʼn aparte bak en roer helfte van die chakalaka by.
  3. Roer die nat bestanddele in die droë bestanddele in tot gemeng. Giet die mengsel in ʼn broodpan.
  4. Maak ʼn duik aan die bokant van die deeg, vul dit met die oorblywende chakalaka en strooi die oorblywende kaas bo-oor.
  5. Bak vir 55-65 minute of tot ʼn toetspen skoon uitkom. Bedien warm of teen kamertemperatuur met ekstra botter.

Bron: Gunsteling braairesepte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Loulou ·

1375 ml bruismeel klink na baie, is dit reg? Ek wil graag die resep probeer. Klink baie lekker.

Janice du Plessis ·

Dagsê Loulou
Dankie vir jou terugvoer.
Ek kan bevestig dat dit inderdaad die regte hoeveelheid bruismeel is.
Groetnis
Janice
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.