Soorte resepte:

Resep: Gesonde tamatiesmoor

Gesonde tamatiesmoor (Foto: Lapa-uitgewers)

Die tamatiesmoor kan jy saam met enigiets bedien.

Lewer 3-4 porsies

Bestanddele

  • 1 rooi-ui, gekap
  • 1 e olyfolie
  • 200 g rosatamaties, gehalveer
  • 2 e rou heuning
  • ½ t woestyn- of pienksout
  • 1 t paprika
  • 1 t knoffelvlokkies
  • hand vol vars gekapte pietersielie
  • ½ k kookwater

Metode

  1. Braai die ui in die olie tot goudbruin.
  2. Voeg die tamaties by en laat prut tot sag.
  3. Voeg die res van die bestanddele by en laat stadig prut tot geurig.
  4. Garneer met vars gekapte pietersielie of tiemie voor bediening.

Bron: Karlien kan nie kook nie deur Karlien van Jaarsveld en Izelle Hoffmann

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.