Soorte resepte:

Resep: Pampoengedoente in ’n swartpot

Pampoengedoente in ’n swartpot. (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie pampoengedoente sal alte fraai op jou volgende bord kookkos pronk.

Bestanddele

  • 750 ml (3 k) gaar fyngedrukte pampoen
  • 250 ml (1 k) koekmeel, gesif
  • 150 ml (¾ k) suiker
  • 250 ml (1 k) room
  • 5 ml (1 t) sout
  • 15 ml (1 e) bakpoeier
  • 2 eiers, geklits
  • 60 ml (4 e) gesmelte botter
  • kaneelsuiker

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Meng al die bestanddele liggies, maar deeglik.
  3. Gooi die beslag in ʼn gesmeerde swartpot en bak dit vir ongeveer 45 minute.
  4. Strooi kaneelsuiker oor en bedien dadelik, want dit is eintlik nie ʼn gedoente nie, maar ʼn soufflé.

Bron: Vallei van melk en heuning
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.