Soorte resepte:

Resep: Pampoenkoekies met karamel-vla-sous

Argieffoto bloot ter illustrasie. Pampoenkoekies. (Foto: verskaf)

Maak smullekker pampoenkoekies as bykos of nagereg.

Genoeg vir 6-8

Bestanddele

Pampoenkoekies

  • 1½ k (375 ml) pampoen, in blokkies gesny en gekook
  • 3 e (45 ml) strooisuiker
  • 1 eier, geklits
  • ¼ k (60 ml) Clover-melk
  • 1 k (250 ml) koekmeel
  • 2 t (10 ml) bakpoeier
  • ½ (3 ml) sout
  • olie vir diepbraai

Karamel-vla-sous

  • ½ k (125 ml) Clover-room
  • ½ k (125 ml) Clover Classic-vla
  • ¼ (60 ml) Clover Mooi River-botter
  • ¼ (60 ml) suiker
  • ¼ (60 ml) gouestroop
  • 1½(7 ml) seesoutvlokkies
  • 1 t (5 ml) vanieljegeursel

Metode

Pampoenkoekies

  1. Plaas die pampoen in ʼn vergiettes en laat dreineer vir 5-10 minute, tot deeglik droog.
  2. Puree die pampoen in ʼn voedselverwerker of gebruik ʼn handmenger. Plaas in ʼn mengbak saam met die suiker, eier en melk en meng goed.
  3. Sif die meel, bakpoeier en sout oor die nat bestanddele en meng om ʼn dik, gladde beslag te vorm.
  4. Verhit die olie in ʼn diep pan of ʼn diepbraaier. Braai lepelsvol van die beslag in sarsies vir 3-4 minute tot goudbruin en deurgaar. Dreineer op kombuispapier.
  5. Bedien warm met die karamel-vla-sous.

Karamel-vla-sous

  1. Plaas al die bestanddele in ʼn pan en prut oor ʼn lae hitte.
  2. Roer tot die suiker oplos en die sous glansend is.
  3. Bedien die sous saam met die warm pampoenkoekies.

Wenk

Die karamelsous is ook heerlik bo-oor geroosterde piesangs of pynappel, of vanieljeroomys. Jy kan dit ook as ʼn basis vir ʼn karamelmelkskommel gebruik.

Bron: Gunsteling Braairesepte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.