Soorte resepte:

Resep: Romerige pasta-en-sampioengereg

Romerige pasta-en-sampioengereg (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie pastagereg sal die hol kol op die maag vinnig-vinnig regsien.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 500 g (1 pak) pasta
  • bietjie olie
  • 2 uie, gekap
  • 5 ml (1 t) gekapte vars knoffel
  • 250 g (1 pakkie) spek, gekap
  • 250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
  • 60 g (1 pakkie) sampioensoppoeier
  • 500 ml (2 k) melk
  • 250 ml (1 k) room
  • 2,5 ml sout
  • bietjie varsgemaalde swartpeper
  • 30 ml (2 e) gekapte vars pietersielie
  • 250 ml (1 k) grofgerasperde cheddar

Metode

  1. Stel oond op 180 ˚C.
  2. Kook pasta in borrelende water waarby ʼn bietjie sout en olie gevoeg is tot net gaar. Dreineer en hou eenkant.
  3. Verhit olie in pan en soteer uie en knoffel daarin tot net sag.
  4. Voeg spek en sampioene by en soteer tot net gaar.
  5. Verhit soppoeier en melk in ʼn aparte kastrol tot kookpunt. Laat 1 minuut prut. Roer room by en laat nog ʼn bietjie prut.
  6. Roer sout, peper, pietersielie en spekmengsel by sop.
  7. Gooi sopmengsel oor pasta en roer deur.
  8. Skep in gesmeerde oondbak. Sprinkel kaas bo-oor en bak vir 20 minute.

Bron: Vinnig en Maklik
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.