Soorte resepte:

Coca-Cola groet TaB na amper 60 jaar

Nadat Suid-Afrikaners reeds getraumatiseerd was deur die aankondiging vroeër vanjaar dat Nestlé Chocolate Log van die mark af gaan haal, moet ons nou aanvaar dat die gewilde dieetdrankie TaB ook nie meer beskikbaar gaan wees nie.

Coca-Cola het dié nuus in ʼn verklaring bekendgemaak en gesê die besluit om TaB van die mark af te haal, is om plek te maak vir groei en om op gewilder drankies te fokus.

“Dit gaan nie daaroor om slegs ʼn sekere aantal produkaanbiedings onder die handelsmerk te dra nie. Die doel is om impak en groei te bevorder. Dit gaan daaroor om die verbruiker te volg en doelgerigte besluite te neem oor produkte wat ons beleggings en handelsmerk bevorder.

“Dit sluit in om moeilike, maar nodige, stappe te doen om die produkte te identifiseer wat nie meer relevant is nie en om dié rede die portefeulje moet verlaat,” lui die verklaring.

TaB het reeds in 1963 die rakke getref en was Coca-Cola se eerste dieetdrankie ooit. Sonder TaB sou daar waarskynlik ook nooit Diet Coke of Coke Zero gewees het nie.

“Ons is dankbaar vir TaB wat die weg gebaan het vir ‘light’ en ‘diet’-drankies, en vir die legio TaB-liefhebbers wat die handelsmerk al byna ses dekades lank ondersteun.”

TaB is nie die eerste produk wat vanjaar gesneuwel het nie. Buiten Chocolate Log, word Nestlé Milkybar Double, Nestlé Milkybar Peanut, Nestlé Crunch, Nestlé Milo Slab en Nestlé BarOne Peanut Butter ook nie meer vervaardig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

tweeling ·

Ek is nie verbaas nie, feniel alanien en saccharien is skadelike versoeters en moes lankal van die mark verban gewees het.

Eclectus ·

Jy moet elke dag meer as 5 liter drink vir newe effekte.

tweeling ·

Seker wat google vir jou sê, moenie alles glo wat google sê nie.

Mallie ·

Ja so is die begin van die einde van alles van dat die ANC aanbevind gekom het. Eintlik is dit nie snaaks nie. Wat is volgende.

Plaaskind ·

Kan ons nie eerder iemand anders na 26 jaar groet nie, ook 3 letters begin met A en eindig met C.

Zandra ·

dis goeie nuus, niks in daai blikkie is goed vir enige iemand of iets, hulle kan gerus meer doen om gesondheid te bevorder

Eclectus ·

TAB is eintlik nog steeds op die mark onder ‘n ander nuwe naam, COKE NO SUGAR NO CAFFEINE.

JohanEtz ·

DIS NIE NET IN SUID AFRIKA NIE

The Coca-Cola Company will retire select underperforming products by Dec. 31 – including TaB diet soda and ZICO coconut water in the United States – as part of a global portfolio refresh prioritizing category-leading brands with the greatest potential for growth and scale.

Other outgoing products in the U.S. include those under Odwalla (announced in July), Coca-Cola Life and Diet Coke Feisty Cherry, as well as regional offerings like Northern Neck Ginger Ale and Delaware Punch.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.