Soorte resepte:

Resep: Wortel-, appel-en-gemmerdrankie

Wortel-, appel-en-gemmerdrankie. (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie drankie met wortel, appel en gemmer is verfrissend en sal boonop aan al jou gesondheidsvereistes voldoen.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 250 ml 100%-wortelsap, verkoel
  • 250 ml onversoete appelsap
  • 250 ml vanieljejogurt
  • 10 ml suurlemoensap
  • 5 ml fyngerasperde vars gemmer
  • 2 gevriesde ryp piesangs, in skyfies gesny
  • 10 ysblokkies

Metode

  1. Voeg al die bestanddele bymekaar in ʼn voedselverwerker en meng vir 2 minute of tot baie glad.
  2. Giet die mengsel in verkoelde glase en bedien dadelik.

Bron: Lekker & vinnig: Vrugte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.