Soorte resepte:

Só smaak verskillende wyne

(Foto: Pixabay)

In Suid-Afrika kan ons uitmuntende wyn teen baie billike pryse koop. Wynkenners sal ook vinnig wees om jou te vertel dat Suid-Afrika van die wêreld se beste wyn produseer.

Aangesien ons standaarde so hoog is wanneer dit by wyn kom, wil jy nie in die verleentheid kom wanneer jy ʼn glasie skink en iemand wil hoor wat die prominente smaak is wat jy proe nie. Om soos ʼn regte kenner te klink moet jy weet hoe om die wyn behoorlik te proe en na watter smake om te soek wanneer jy wyn drink.

Hoe om wyn te proe

Gebruik dié eenvoudige 4-stap wynproeplan

  1. Kyk – Kyk na die kleur van die wyn, skommel dit effens in die glas en kyk na die “bene” wat afloop.
  2. Ruik – Identifiseer die aromas deur jou neus te gebruik. Probeer primêre, sekondêre en tersiêre aromas identifiseer.
  3. Proe – Assesseer die struktuur van die wyn (droogheid, suurheid, soetheid) saam met die geure wat jy voorheen geruik het.
  4. Dink – Maak ʼn gevolgtrekking oor die profiel van die wyn, na aanleiding van wat jy pas geleer het.

Hoe smaak verskillende soorte wyn?

Elke wyn proe anders, want die proses, die druiwe, die weer en die veroudering speel ʼn groot rol in die eindresultaat van die wyn. Tog is daar geure wat deur die meeste merlot-kultivars trek, en so ook met ander wyne.

Die bekende wyntydskrif Primer Magazine beskryf die verskillende wyne so:

Witwyn

Chardonnay – Vrugtig en botterig met ʼn sagte tekstuur.

Sauvignon blanc – Droog en effe aan die suur kant met kruiegeure asook vrugtesmake.

Chenin blanc – Droog en effe suur met vrugtige appelgeure, asook heuning.

Pinot grigio – Eenvoudig, lig en droog.

Moscato – Vrugtig en dikwels soet.

Rooiwyn

Cabernet sauvignon – Vol smaak met trekke van kruie. Jong wyne het die ryk geur van bessies.

Merlot – Vrugtig met speserygeure en ʼn sagte smaak.

Pinot noir – Delikaat en vars met vrugtige geure.

Pinotage – Trekke van pruime, drop en tabak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rosie ·

Sien Pinotage het drop en tabak? Wat is drop? Ek is nou sommer afgesit.

Die Wolf ·

Dink nog aan my jong dae met n pennie se drop by Moosa se winkel gekoop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.