Soorte resepte:

‘Net koffie’ se pavlova

‘Net koffie’ se pavlova. (Foto: Verskaf)

Jy kan enige van jou gunstelingvrugte vir dié pavlovaresep gebruik.

Bestanddele

  • 30 ml gemaalde koffie
  • 30 ml gekookte water
  • 3 eierwitte
  • 2,5 ml kremetart
  • 175 g strooisuiker
  • 5 ml mielieblom

Vulsel

  • 150 ml geklopte room
  • 150 ml crème fraîche
  • 500 g vars vrugte van jou keuse
  • 15 ml versiersuiker

Instruksies

  1. Voorverhit oond teen 140 °C. Sny ʼn sirkel van 20 cm‑deursnee uit bakpapier en plaas op ʼn bakplaat.
  2. Plaas gemaalde koffie in ʼn klein bakkie en gooi water oor die koffie, laat dit vir 4 minute trek en gooi die koffie dan deur ʼn baie fyn sif.
  3. Klits eierwitte en die kremetart tot styf, maar nie tot dit droog is nie. Klits die strooisuiker geleidelik by die meringue tot dit styf en blink is. Voeg die mielieblom vinnig by en dan die koffie.
  4. Gebruik ʼn lang mes om die meringuemengsel op die bakplaat te plaas en eweredig op die sirkel te versprei. Maak liggies ʼn holte in die middel van die meringue. Bak in die oond vir 1 uur, skakel dan die oond se hitte af en laat dit in die oond afkoel.
  5. Skuif die meringue van die bakplaat na ʼn bord, trek die bakpapier af. Klop die room styf, vou die crème fraîche by die room in. Skep in die holte van die meringue en plaas vars vrugte van jou keuse op die roommengsel. Sif die versiersuiker oor die vrugte.

Hierdie resep is in episode vier van Net koffie met Henriëtte Marx gemaak. Dit is met vergunning van kykNET gepubliseer. Vir meer inligting oor die program, besoek kykNET se webwerf.

Net koffie met Henriëtte Marx wys op Sondagmiddae om 17:00 op kykNET, DStv-kanaal 144.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.