Soorte resepte:

Resep: Basiese kolwyntjies

Kolwyntjies (Foto: Pixabay)

ʼn Eenvoudige wenresep wat jy keer op keer vir enige geleentheid kan gebruik.

Lewer 3 dosyn

Bestanddele

  • 250 g margarien
  • 500 g (2 k) strooisuiker
  • 4 eiers
  • 250 ml (1 k) melk
  • 750 (3 k) koekmeel
  • 20 ml (4 t) bakpoeier
  • 5 ml (1 t) sout
  • 10 ml (2 t) vanieljegeursel

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Room die margarien en strooisuiker. Voeg die eiers by en klits goed. Klits die melk by.
  3. Sif al die droë bestanddele saam en voeg dit by. Voeg die geursel by en meng.
  4. Plaas kolwyntjiepapiertjies in kolwyntjiepanholtes. Skep elke papierbakkie ongeveer driekwart vol.
  5. Bak dit vir ongeveer 16 minute of tot ʼn toetspen skoon uitkom. Haal die kolwyntjies uit die panne en laat dit op ʼn draadrakkie afkoel.

Wenk: Klik hier vir ʼn verskeidenheid van versierselopsies.

Bron: Bak dit self deur Marlene Schoeman

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.