Soorte resepte:

Resep: Beskuit vir diabete

Beskuit vir diabete (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié resep gebruik versoeter in plaas van suiker.

Lewer 1–1,5 kg

Bestanddele

  • 1 kg semelryke bruismeel
  • 150 g (750 ml) fyngedrukte semelontbytvlokkies
  • 5 ml sout
  • 25 ml bakpoeier
  • 10 ml vloeibare versoeter (bv. Tantaliza)
  • 750 ml vetvrye karringmelk
  • 250 g (250 ml) margarien of botter
  • 10 ml vanieljegeursel

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Meng al die bestanddele goed saam.
  3. Druk die deeg in gesmeerde beskuit- of broodpanne.
  4. Bak 1 uur.
  5. Laat dit in die panne afkoel. Sny soos verlang.
  6. Droog die beskuit baie goed in ’n koel oond by 100 °C uit. Laat die oonddeur op ’n skrefie oop.
  7. Bêre die beskuit in ’n lugdigte houer.

Bron: Eet saam deur GKSA

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.