Soorte resepte:

Resep: Biltong-muffins

Biltong-muffins (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Maklike, laekoolhidraat-resep.

Lewer 9 porsies

Bestanddele

  • 250 ml amandelmeel
  • 125 ml koekmeel
  • 125 ml kekerertjiemeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 2,5 ml koeksoda
  • 2,5 ml sout
  • 2 eiers
  • 125 ml laevetmelk
  • 80 ml kanola-olie
  • 60 ml fyn biltong
  • 125 ml gerasperde beleë Cheddarkaas
  • 6-10 basiliekruidblare, fyngekap
  • knippie rooipeper

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 ° Spuit ʼn 9-holte muffinpan met kleefwerende kossproei.
  2. Meng al die droë bestanddele saam.
  3. Klits die eier, melk en olie saam en meng by die droë bestanddele.
  4. Vou die biltong, kaas, basiliekruid en rooipeper in die muffinmengsel in.
  5. Skep in die muffinpan.
  6. Bak 15-20 minute tot bruin.
  7. Laat effens afkoel en verwyder uit die pan.

Wenk: Maak ʼn opgehoopte koppie (150 g) heel amandels fyn in ʼn voedselverwerker om 375 ml amandelmeel te maak.

Bron: Slim Laekoolhidraat-geregte deur Marie Hofmeyr en Janet Wiegand

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.