Soorte resepte:

Resep: Eenvoudige broodrolletjies

Eenvoudige broodrolletjies (Foto: Colette Schultz/Maroela Media)

Die internet gons behoorlik met broodresepte wat eenvoudig, maklik en vinnig is om seker te maak Suid-Afrikaners geniet nog ʼn varsgebakte broodjie gedurende die afsonderingstyd.

Sommige resepte is so eenvoudig dat selfs jong kinders dit kan maak. Dit hou hulle besig en terselfdertyd leer hulle ʼn nuwe vaardigheid aan.

Ons deel graag ’n eenvoudige en maklike broodrolletjie resep met julle wat ons self uitgetoets het.

Lewer 6 rolletjies.

Bestanddele

  • 1 koppie koekmeel
  • ½ teelepel bakpoeier
  • ½ teelepel suiker
  • knippie sout
  • ½ koppie melk
  • 2 eetlepels mayonnaise

Metode

  1. Meng al die droë bestanddele saam in ’n mengbak.
  2. Meng al die nat bestanddele saam in ’n ander mengbak.
  3. Meng nou albei mengbakke se inhoud saam en skep die deeg in ’n voorafgesmeerde muffin-pan.
  4. Bak die broodjies in ’n voorverhitte oond by 180 °C vir 18-20 minute of tot goudbruin van kleur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.