Soorte resepte:

Resep: Goue klapper-meringuekoek

Goue klapper-meringuekoek (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Basiese koek met ʼn heerlike klapperversiersel
Lewer 1 koek

Bestanddele

  • 125 ml botter
  • 250 ml suiker
  • 3 eiers, geskei
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 250 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 125 ml melk
  • 250 ml klapper

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 160 °C. Smeer ’n 20 cm-losboomringpan deeglik met botter.
  2. Klits die botter en die helfte van die suiker deeglik saam. Klits die eiergele een vir een by en klits elke keer baie goed. Klits die vanieljegeursel by.
  3. Sif die meel en bakpoeier saam. Klits die meelmengsel om die beurt met die melk by die bottermengsel. Skep die beslag in die pan.
  4. Klits die eierwitte styf en klits geleidelik die orige suiker by tot glansend. Vou die klapper versigtig in.
  5. Skep die eierwitmengsel op die beslag en bak dit 30-40 minute. Laat dit effens afkoel, verwyder die ring versigtig en laat heeltemal afkoel.

Bron: Spogresepte van die Suid-Afrikaanse Vroue Landbou-unie, Heleen Meyer

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.