Soorte resepte:

Resep: Murgpampoentjie-muffins

Foto ter illustrasie. (Foto: Aneta Voborilova/Unsplash)

Hierdie glutenvrye gebak moet bo-aan jou reseptelys wees.

Bestanddele

  • 250 ml amandelmeel
  • 125 ml tapiokameel
  • 125 ml kekerertjiemeel
  • 10 ml glutenvrye bakpoeier
  • 2,5 ml koeksoda
  • 1,25 ml xantaangom
  • 2,5 ml sout
  • 15 ml fyngekapte ui
  • 125 ml gerasperde murgpampoentjies
  • 60 ml gekapte pikante rissies
  • 15 ml fyn parmesaankaas
  • 2 eiers
  • 125 ml laevetmelk
  • 80 ml kanola-olie

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n muffinpan met nege holtes met kleefwerende kossproei.
  2. Meng al die droë bestanddele saam.
  3. Voeg die ui, murgpampoentjies, pikante rissies en parmesaankaas by.
  4. Klits die eiers, melk en olie saam en voeg by die droë bestanddele.
  5. Skep in die muffinpan.
  6. Bak 15-20 minute tot bruin.

Bron: Glutenvrye Gebak
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

domheks ·

Dankie. Maar nee dankie! Waar in die lewe kry jy al daai bestanddele? op die platteland?

PersHeks ·

Kan jy net dink wat die ou muffintjies jou uit die sak uit gaan jaag sou jy die bestanddele kry!

Louise ·

Nee dankie te gesond vir my ek weet nie eers wat die helfte van die bestandele is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.