Soorte resepte:

Resep: Ouma Ester se blits-pasteitjiedeeg

(Foto: Pizabay)

Ouma Ester Lake was ’n onderwyseres aan die Hoërskool Ugie in die Oos-Kaap. Dié pasteitjies is elke week gebak en aan die onderwysers in die teekamer verkwansel vir ekstra geld om materiaal vir nodige handwerk aan te koop aangesien sy skoolgehou het vir kinders met ernstige leerprobleme.

“Sy was welbekend! Van blommerangskik tot troukoeke bak en versier. Sy het ook die skoolwapen ontwerp wat vandag nog trots op elke kleurbaadjie pryk,” vertel Hannah.

Bestanddele

  • 500 g botter of margarien by kamertemperatuur
  • 1 k kookwater
  • 4 k meelblom
  • 1 groot t sout

Metode

  1. Sny die botter in blokkies en plaas in ’n mengbak. Gooi die kookwater daaroor en laat dit smelt.
  2. Meng die meel en sout saam en gooi by die bottermengsel. Meng goed met ’n houtlepel. Die deeg sal ’n pappery wees.
  3. Maak netjies met ’n lepel en plaas ’n vel kleefplastiek of ’n plastieksakkie bo-op die deeg en laat oornag in die yskas rus.
  4. Rol nou die deeg uit op ʼn meelbestrooide oppervlak. Druk sirkels uit of sny in die grootte van jou keuse in reghoeke vir pasteitjies.
  5. Vul met jou gunsteling- gaar maalvleismengsel. Verf met eier-en-melkmengsel om die rande. Vou om en seël met jou vingers of ’n vurk. Verf eier-en-melkmengsel bo-oor en plaas op bakplaat. Bak by 180 °C tot gaar en goudbruin.

 

Het jy ’n lekker resep wat jy met ons kan deel? Stuur dit vir ons hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mango ·

Maizina is mielieblom sover my kennis trek. Meelblom is gewone koekmeel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.