Hierdie staatmaker-sjokolade-ganache kan gebruik word as ʼn poedingsous, om ʼn koek te versier, om koekstokkies in te doop en veel meer.
Bestanddele
- 250 ml (1 k) sjokoladestukkies of -splinters
- 125 ml (½ k room)
Metode
- Meet die sjokolade af in ʼn maatbeker. Verhit die room, maar nie tot kookpunt nie. Verwyder van hitte.
- Giet die warm room oor die sjokolade en roer tot gesmelt. Verkoel dit totdat die ganache so dik is soos jy dit wil hê.
Wenk:
- Om ganache te maak word room en sjokolade in die verhouding 1:2 gebruik; een deel room tot twee dele sjokolade, oftewel 250 ml (1 k) room en 500 (2 k) sjokoladestukkies of -splinters.
- Ganache word dikker as dit verkoel word.
- As die ganache oor ʼn koek gegiet word, is ʼn slap ganache nodig, maar vir ʼn vulsel tussen koeklae of makrolletjies kan dit langer in die yskas gelaat word om te stol.
Resep: Bak dit self deur Marlene Schoeman
Uitgewer: Lapa
Iets vir ‘n nostalgiese soettand…