Soorte resepte:

Resep: Sjokoladekoek

Sjokoladekoek (Foto: Verskaf)

Daar is min dinge so bevredigend soos ʼn sjokoladekoek wat behoorlik gemaak word. Hierdie resep is maklik en sorg vir ʼn deftige koek.

20 porsies

Bestanddele

  • 3 k koekmeel
  • 1 ¼ k suiker
  • 4 t bakpoeier
  • 1 t koeksoda
  • 6 e kakao
  • 2 k warm water
  • ½ k karringmelk
  • 5 e sonneblomolie
  • 2 e wit asyn
  • 2 t vanielje geursel

Versiersel

  • 150 ml suiker
  • 300 ml water
  • 1 e sagte margarien
  • ¼ k kakao
  • ¼ t vanielje geursel
  • 3 e mielieblom
  • 1 e gerasperde sjokolade

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ʼn groot reghoekige bakplaat uit met bakpapier.
  2. Sif al die droë bestanddele saam. Meng die vloeistowwe saam en meng dit dan bietjie-bietjie by die droë bestanddele. Giet die beslag in die bakplaat.
  3. Bak vir 20-25 minute of tot ʼn toetspen skoon uitkom. Verwyder van bakplaat en laat afkoel.

Versiering

  1. Verhit al die bestanddele teen ʼn lae hitte in ʼn pot oor die stoof tot die suiker opgelos het.
  2. Verhoog die hitte tot die mengsel kook en laat dan liggies prut. Roer tot die mengsel verdik. Laat effens afkoel en giet oor die afgekoelde koek. Sprinkel met gerasperde sjokolade en bedien.

Resep: Pharma Dynamics se Cooking from the Heart deur Heleen Meyer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.