Soorte resepte:

Resep: Staatmaker-fluweelpoeding

Staatmaker-fluweelpoeding. (Foto: Lapa Uitgewers)

Wie sal dié poeding van die hand kan wys?

Lewer 8 porsies.

Bestanddele

  • 100 ml suiker
  • 90 ml koekmeelblom
  • knippie sout
  • 3 eiers, geskei
  • 125 ml koue laevetmelk
  • 625 ml louwarm laevetmelk
  • 30 ml botter
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 25 ml appelkooskonfyt
  • 2,5 ml kremetart

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ʼn 20 x 10 cm-bak of 8 bakkies.
  2. Meng 50 ml suiker, koekmeelblom, sout en eiergele met die koue melk tot ʼn gladde pasta.
  3. Verhit die oorblywende louwarm melk en botter tot louwarm. Voeg ʼn bietjie van die louwarm melk by die eiermengsel en klits goed.
  4. Voeg die eiermengsel terug in die louwarm melk en roer aanhoudend, verhit tot net by kookpunt.
  5. Haal van die stoof af en voeg vanieljegeursel by.
  6. Skep in die bak of 8 bakkies en stip met appelkooskonfyt.
  7. Klits die eierwitte totdat sagte punte vorm en voeg die ander 50 ml suiker en kremetart by. Klits verder totdat stywe punte vorm.
  8. Skep die geklitste eierwitte bo-op die poeding en bak totdat die punte bruin word.

Bron: Diabetes-vriendelike poedings en gebak
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.