Soorte resepte:

Resep-video: Gebakte kaaskoek

Gebakte kaaskoek. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Hierdie is ‘n smullekker resep vir ‘n gebakte kaaskoek wat jou mond sal laat water! Met ‘n romerige tekstuur en heerlike kors, is hierdie gebakte kaaskoek perfek vir enige geleentheid. Bedien dit net so, met ʼn heerlike konfyt as stroop of saam met vars vrugte.

Bestanddele

Vir die kors

  • 200 g (1 pakkie) Mariebeskuitjies, in fyn stukkies verkrummel
  • 3 e botter, gesmelt
  • 1 t suiker

Vir die vulsel

  • 454 g volvet roomkaas, kamertemperatuur
  • ½ k suiker
  • 1 eier
  • 1 t vanieljegeursel
  • 1 t suurlemoensap

Metode

  1. Plaas die oondrak op die laagste vlak en voorverhit die oond tot 160 °C.
  2. Spuit ʼn bakpan met kleefwerende kossproei en voer dit uit met bakpapier.
  3. Meng al die bestanddele vir die kors goed saam en druk dit in die bodem van die voorbereide pan vas.
  4. Bak die kors in die oond vir sowat 20 minute of tot ligbruin.
  5. Klits die roomkaas met ʼn elektriese klitser tot glad in ʼn groot mengbak.
  6. Klits die suiker, eier, vanieljegeursel en suurlemoensap by die roomkaas tot goed gemeng en glad.
  7. Gooi die vulsel bo-oor die warm kors en maak dit glad om die kors goed te bedek.
  8. Bak dit in die oond vir sowat 40-45 minute totdat die vulsel goed gestol het.
  9. Verwyder dit uit die oond en laat dit goed afkoel voordat jy dit uit die pan verwyder.
  10. Laat dit goed afkoel in die yskas vir sowat 4 ure tot ʼn dag voordat jy dit voorsit.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.