Soorte resepte:

Resep-video: Kolwyntjies vir jou vierpotige vriend

Kolwyntjies vir jou vierpotige vriend. (Foto: Mizanne Hattingh/Maroela Media)

Vir baie van ons is honde soos kinders in die huis. Bederf jou vierpotige kinders met ʼn heerlike, hondevriendelike kolwyntjie.

Die resep is deur Zandeleen Thygesen ontwikkel.

Nota: Maak seker dat jou bestanddele nie aspartaam bevat nie, aangesien dit giftig vir honde is.

Bestanddele

Kolwyntjies

  • 1 k hawermoutmeel
  • 1 k glutenvrye meel (dit verbeter die struktuur, maar kan vervang word met nog hawermoutmeel)
  • 4 e karobpoeier
  • 1 e bakpoeier
  • 1 sakkie roosbottel (rosehip)
  • 2 e grondboontjiebotter
  • 350 ml water
  • 2 e klapperolie
  • 1 piesang

Versiering

  • 2½ e grondboontjiebotter
  • 4 e geurlose jogurt
  • gedroogde vrugte of groente (piesang, appel, bloubessies, aarbeie of wortels)

Metode

Kolwyntjies

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  2. Spuit ʼn kolwyntjiepan met kossproei.
  3. Meng die droë bestanddele goed saam in ʼn bak.
  4. Begin stelselmatig om die nat bestanddele by te voeg. Begin by die water. Meng goed. Voeg nog van die water by indien nodig.
  5. Skep die mengsel in jou kolwyntjiepan in en bak vir 20-30 minute of totdat ʼn sosatiestokkie skoon uitkom.
  6. Hou eenkant tot afgekoel.

Versiering

  1. Meng die grondboontjiebotter en geurlose jogurt goed saam.
  2. Sodra jou kolwyntjies afgekoel het, versier jou kolwyntjies.
  3. Gebruik jou gedroogde vrugte en groente om die kolwyntjies verder te versier.
  4. Laat jou vierpotige vriend dit geniet!

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anel ·

Maak ook seker jou hond is nie allergies vir grondbone nie. Ons een Duitseherder was allergies vur neute so ons moes latyd mooi kyk dat hy nie perongeluk iets met neute in kry nie. Vandag is dit al sp ‘n gewoonte, ons koop niks vir hulle wst grondbone bevat nie. Maar die klink baie lekker. Ek sal dit ook eet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.