Dié lekkerny is so net-net nie ʼn ystervarkie nie. Dié krimpvarkies is heelwat makliker, maar net so lekker soos hul ystervarkie-ouboet.
Bestanddele
- 1 x koekmengsel (en bykomende bestanddele)
- 125 g sjokolade
- 1 t vanieljegeursel
- 2 e (10 ml) melk
- 10 e klapper
Metode
- Maak die koekbeslag aan volgens die aanwysings op die pakkie. (Óf volg jou eie vanieljekoekresep.) Skep dit in ʼn bruintjie- of muffinpan en bak volgens aanwysings.
- Smelt al die sjokolade in ʼn bakkie tot loperig. Voeg vanieljegeursel en melk by en meng goed.
- Gooi die klapper in ʼn bord uit.
- Wanneer die koekies klaar gebak is, laat dit afkoel en haal uit die pan.
- Doop die bokant van elke koekie eers in die sjokolade en rol dit dan in klapper. Maak seker jy bedek die hele bokant van die koekie.
- Bêre in die yskas sodat die sjokolade nie smelt nie.
Resep: Janie Monsieur
Dit lyk op die foto of een van hierdie mini broodpannetjies gebruik is en ek moet se dit lyk nou nogals na ‘n krimpvarkie! Heel oulik!