Soorte resepte:

Resep-video: Malvapoeding

Malvapoeding (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

As jy ’n drukkie in ’n poedingbakkie soek, sal hierdie malvapoeding se warm, omhelsende arms perfek wees. Die resep is genoeg vir vier mense en smaak die lekkerste saam met romerige tuisgemaakte vla.

Bestanddele

  • 1¼ k meel
  • 2 ml koeksoda
  • knippie sout
  • 1½ k strooisuiker
  • 2 eiers
  • 1 eetlepel fyn appelkooskonfyt
  • 30 g botter, gesmelt
  • 15 ml asyn
  • 125 ml melk

Sous

  • 40 g botter
  • 80 ml suiker
  • 250 ml room
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 80 ml water

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Spuit ʼn oondvastebak van 30 cm in deursnee met kossproei.
  3. Klits die suiker, eiers en appelkooskonfyt in ʼn mengbak tot bleek en donsig.
  4. Sif die meel, koeksoda en sout in ʼn aparte bak saam.
  5. Meng die botter, asyn en melk.
  6. Voeg die droë bestanddele by die suikermengsel en meng goed. Voeg dan die melkmengsel by en klits om ʼn gladde beslag te vorm.
  7. Gooi die beslag in die voorbereide oondbak en bak vir sowat 35 minute of tot donkerbruin en ʼn steekpen skoon uitkom wanneer dit in die middel ingedruk word.

Sous

  1. Gooi al die bestanddele in ʼn glasbak.
  2. Plaas dit in die mikrogolfoond en bring tot kookpunt, hou dit dop en roer gereeld sodat dit nie oorkook nie.
  3. Gooi die warm sous oor die poeding sodra dit uit die oond uit kom, gee dit so paar minute om in die poeding te trek voordat jy dit voorsit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.