Soorte resepte:

Resep-video: Spinasie-en-feta-wiele

Spinasie-en-feta-wiele. (Foto: Mizanne Hattingh/Maroela Media)

Daar is darem maar min dinge soos ʼn vars gebakte pasteitjie, en dié een gaan jou mond omtrent laat water.

Bestanddele

  • 1 ½ k gaar spinasie
  • 250 g-houer ricottakaas
  • 100 g fetakaas
  • 1 t knoffel
  • ʼn rol skilferkorsdeeg
  • 1 eier

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Meng die spinasie, ricotta-, fetakaas en knoffel saam om ʼn vulsel te vorm. Hou ʼn bietjie van die fetakaas eenkant.
  3. Rol die skilferkors op ʼn skoon oppervlak uit. Ons het die deeg sommer by die naaste kruidenierswarewinkel gekoop. Smeer en versprei nou die vulsel oor die deeg. Sprinkel die oorblywende fetakaas oor die mengsel.
  4. Begin stadig maar seker die deeg rol, wees versigtig om dit nie te plat te druk nie. Plaas die opgerolde deeg vir ongeveer 15 minute in die yskas.
  5. Haal dan die deegrol uit en begin dit versigtig in skywe sny. Pak dit sommer dan direk oor in jou gesmeerde oondbak om te vermy dat jy te veel mors.
  6. Klits die eiers en smeer ʼn bietjie daarvan oor die spinasiewiele voordat jy dit in die oond sit.
  7. Bak in die oond vir 30 – 40 minute of tot goudbruin.
  8. Geniet saam met ʼn heerlike beker boeretroos.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.