ʼn Maklike alles-in-een-bak wortelkoek!
Lewer 12 stukke
Bestanddeel
- 1½ k suiker
- 1 k sonneblomolie
- 4 eiers
- 2 k koekmeel
- ½ t sout
- ½ t bakpoeier
- 1 t koeksoda
- 2 t kaneel
- 2 k wortel, gerasper
- ½ k neute, gekap
- ekstra neute vir bo-op
Metode
- Verroom die suiker, olie en eiers saam.
- Voeg die meel, sout, bakpoeier, koeksoda en kaneel by en meng.
- Roer wortel en neute in en meng tot net-net gekombineer.
- Skep beslag in voorbereide bakplaat of tertbak en bak vir 30 minute by 180 ° Laat afkoel voor versiering.
Maak hierdie maklike roomkaas-versiersel om mee te versier en sprinkel ekstra neute bo-oor.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
4 Kommentare
Niks so lekker soos ‘n lekker stuk wortelkoek nie!! My troukoek was ‘n wortelkoek want, hoekom nie??
MM, die resep lees 4 eiers, maar in die video gooi hulle net 2 eiers in. Hoeveel eiers moet ek gebruik, want ek gaan vanmiddag die wortelplaatkoek maak, asb! Baie dankie.