Soorte resepte:

Resep: Botter-naanbroodjies

Botter-naanbroodjies. (Foto: Lapa Uitgewers)

Wie kan nou nee sê vir ʼn lekker naanbroodjie?

Maak 6-8.

Bestanddele

Naanbroodjies

  • 3 k (750 ml) bruismeel, met ekstra vir sprinkel
  • 1 pakkie (10 g) droë kitsgis
  • 1 e (15 ml) suiker
  • 1 t (5 ml) sout
  • 1 t (5 ml) fyn komyn
  • ¼ k (60 ml) swart sesamsade
  • 1 k Clover-laevetmelk, warm
  • ½ k (125 ml) Clover Amazi
  • 3 e (45 ml) Clover Ghee of Clover Farmstyle-botter, gesmelt

Om op te dien

  • ½ k (80 ml) Clover Ghee of Clover Farmstyle-botter, gesmelt
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • ½ t (3 ml) fyn komyn

Metode

  1. Plaas die meel, gis, suiker, sout, komyn en sesamsade in ʼn bak of die bak van ʼn elektriese menger met ʼn deeghaak. Klits die melk, jogurt en ghee of gesmelte botter voeg die droë bestanddele by. Meng op ʼn lae spoed tot die mengsel ʼn sagte bal vorm.
  2. Knie met die deeghaak vir 5 minute tot glad. Plaas oor na ʼn effens gesmeerde mengbak en bedek met kleefplastiek. Sit eenkant in ʼn warm plek om vir 1-1 ½ uur te rys.
  3. Knie die deeg af en verdeel in 6-8 balle, elkeen apart toegedraai tot reg vir bak. Rol die deeg op ʼn meelbestrooide oppervlak uit, in dun ovaalvorms.
  4. Plaas op ʼn baie warm braai en bak vir 4-6 minute – draai een keer om – of tot die deeg opgepof en goud en bros aan die rande is.
  5. Jy kan die naanbroodjies ook teen 200 °C vir 3-5 minute op ʼn bakplaat bak. Kombineer die bolaag se bestanddele, verf dit oor die warm naanbroodjies en geur met sout.

Bron: Gunsteling braairesepte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.