Soorte resepte:

Resep: Eenbak-hoenderkerrie

Eenbak-hoenderkerrie. (Foto: Lapa Uitgewers)

Wie sal nou neus optrek vir dié heerlike hoenderkerrie?

Lewer 4-6 porsies.

Bestanddele

  • 125 ml koekmeel
  • 5 ml sout
  • ʼn knypie peper
  • 8 hoenderborsies
  • 125 g Clover Mooi River-botter

Kerriesous

  • genoeg Clover Mooi River-botter
  • 2 uie, fyngekap
  • 2,5 ml droë pietersielie
  • 60 ml koekmeel
  • 125 ml witasyn
  • 60 ml appelasyn
  • 125 ml perskeblatjang
  • 80 ml ligte bruinsuiker
  • 500 ml hoenderaftreksel
  • 5 ml borrie
  • 15 ml matige kerriepoeier
  • 30 ml tamatiesous
  • 10 ml worcestersous
  • 45 ml blatjang

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn oondvaste bak van ongeveer 18 cm x 26 cm.
  2. Meng die koekmeel, sout en peper in ʼn groot plastieksak. Plaas hoenderporsies daarin en skud tot al die hoender met die meel bedek is.
  3. Verhit die botter in ʼn braaipan en braai die hoenderporsies tot goudbruin. Plaas die porsies in die voorbereide oondbak.
  4. Kerriesous: Smelt die botter en soteer die uie en pietersielie tot die uie sag is. Roer die koekmeel by en giet die witasyn geleidelik by – roer aanhoudend om te keer dat die koekmeel klonte vorm. Voeg al die oorblywende bestanddele by die sous en roer tot goed gemeng.
  5. Laat die sous vir 5 minute prut en giet dit oor die hoenderporsies.
  6. Bedek die bak met foelie en bak vir 45 minute of tot die hoender gaar is.
  7. Bedien saam met rys en groente.

Bron: Ekonomiese gesinskos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.