Soorte resepte:

Resep: Hoender met mielies en chorizowors

Hoender met mielies en chorizowors. (Foto: Lapa Uitgewers)

ʼn Geurige kombinasie van hoender en chorizo in een gereg.

Lewer 4 porsies.

Bestanddele

  • 40 ml hoenderspeserye
  • 8 hoenderporsies
  • bietjie olie
  • 1 ui, gekap
  • 2,5 ml gekapte vars knoffel
  • 2 chorizoworsies, in skyfies gesny
  • 2,5 ml droë gemengde kruie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 20 ml koekmeel
  • 410 g (1 blik) geroomde mielies
  • 250 ml hoenderaftreksel

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Smeer die hoenderspeserye in die hoenderstukkies in.
  3. Verhit die olie in ’n kastrol en braai die hoender daarin tot bruin aan die buitekant. Dit hoef nog nie heeltemal gaar te wees nie. Skep in ’n oondbak.
  4. Verhit nog olie indien nodig en soteer die ui en knoffel daarin tot sag.
  5. Voeg die wors en kruie by en soteer nog ’n rukkie.
  6. Voeg die sout, peper en meel by en roer tot die worsies goed daarmee bedek is.
  7. Voeg die mielies en hoenderaftreksel by en kook tot die sous dikkerig is. Gooi sous bo-oor die hoenderstukkies in die oondbak.
  8. Plaas die deksel op en bak vir 30 minute.

Wenk: Jy kan die chorizowors met enige ander soort wors vervang.

Bron: Worsgeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.