Soorte resepte:

Resep: Marmelade-broodpoeding

Marmelade-broodpoeding. (Foto: Lapa Uitgewers)

Wie sal nou kan nee sê vir ’n heerlike bakkie broodpoeding?

Genoeg vir 4.

Bestanddele

  • 12 snye witbrood, korsies afgesny
  • 3 e (45 ml) sagte Clover Mooi River-botter
  • ½ k (I25 g) fyn marmelade
  • ½ k (55 g) sultanas en/of rosyntjies
  • I k (250 ml) Clover-volroommelk
  • ½ k (125 ml) Clover- vars room
  • I t (5 ml) vanieljegeursel
  • skil van 1 lemoen, fyn gerasper
  • 3 eiers
  • ¼ k (55 g) strooisuiker
  • 1 e (15 ml) bruinsuiker

Metode

  1. Smeer ‘n oondvaste tertbak met inhoudsmaat van 1 liter of individuele bakkies.
  2. Smeer elke sny brood met botter en marmelade en plak twee-twee opmekaar om toebroodjies te vorm. Sny elke toebroodjie in 4 driehoekies.
  3. Rangskik ‘n laag brooddriehoekies in die bak en strooi die helfte van die sultanas of rosyntjies oor. Rangskik die res van die brood bo-oor en strooi die res van die sultanas of rosyntjies oor.
  4. Verhit die melk, room, vanieljegeursel en lemoenskil oor lae hitte in ‘n kastrol tot net onder kookpunt. Dit moenie kook nie. Klits die eiers en strooisuiker in ‘n mengbak en giet die warm mengsel daaroor. Klits tot gemeng en giet oor die brood en sultanas in die tertbak. Laat 15 minute staan.
  5. Voorverhit die oond tot 180 °C en strooi die bruinsuiker oor. Bak 30 tot 40 minute totdat die vla gestol het en die bokant goudbruin is.

Bron: Trooskos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.