Soorte resepte:

Resep: Mini-hoendersosaties

Mini-hoendersosaties. (Foto: Lapa Uitgewers)

ʼn Maklike plan met hoenderfilette. Jy kan dit selfs in ʼn kosblik pak vir ʼn smaaklike, vinnige ete.

Lewer 8 sosaties.

Bestanddele

  • 4 houtsosatiestokkies
  • sout en peper na smaak
  • 4 hoenderborsfilette
  • 50 ml mayonnaise, verkieslik lae-olie-soort
  • 30 ml blatjang
  • 30 ml soet rissiesous
  • 20 ml tamatiepuree
  • 10 ml worcestersous
  • matige kerriepoeier, na smaak
  • 2,5 ml borrie

Metode

  1. Sny die sosatiestokkies in die helfte en week dit vir 15 minute in kookwater. Dreineer die stokkies.
  2. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  3. Sny elke hoenderfilet in 8 blokkies en ryg 4 blokkies aan elke stokkie. Plaas die sosaties in ʼn gesmeerde oondpan en geur dit na smaak met sout en peper.
  4. Meng die mayonnaise, blatjang, rissiesous, tamatiepuree, worcestersous, kerrie en borrie tot glad. Bedek alle kante van die sosaties met die mengsel.
  5. Bak die sosaties vir 15 minute, draai om en bak weer vir 15 minute. Drup van die sous oor die sosaties en bak vir 5 tot 10 minute tot goudkleurig en gaar.

Bron: Uitpakkos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.