Soorte resepte:

Resep: Oondgebakte krummelhoender

Oondgebakte krummelhoender. (Foto: verskaf)

Hierdie hoenderdis is nie net lekker nie, dit is gesond ook.

Bestanddele

  • ± 10 ml kanola- of olyfolie – gebruik verkieslik ’n spuitbottel
  • 500 ml/120 g sagte bruinbrood- of saadbroodkrummels (3-4 snye brood)
  • 10 ml gedroogde gemengde kruie
  • 60 ml elk ongegeurde laevetjogurt en lae-oliemayonnaise
  • 10 ml suurlemoensap
  • 45 ml aangemaakte mosterd
  • 8 stukke vellose hoenderboudjies en -dytjies (± 800 g sonder vel)
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • paprika

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit of smeer ’n oondbak met olie. Meng die broodkrummels met die kruie en strooi ± 25 ml daarvan op die boom van die bak.
  2. Meng die jogurt, mayonnaise, suurlemoensap en mosterd. Geur die hoender liggies met sout en peper. Doop elke porsie hoender in die mayonnaisemengsel en dan in die broodkrummels. Druk die krummels goed vas.
  3. Sit die hoenderstukke in die oondbak en spuit liggies met olie, of drup die olie versigtig oor. Strooi ’n bietjie paprika oor. Bedek die oondbak met foelie, dowwe kant na buite. Bak dit 45 minute. Haal die foelie af en bak nog 15 minute totdat die hoender deurgaar is.
  4. Bedien dit met gekookte baba-aartappels in die skil en ’n bros groenslaai of groen groente soos broccoli, Brusselse spruite of lemoenpampoentjies met groenertjies.

Bron: Diabetes
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.