Soorte resepte:

Resep: Paella

Foto bloot ter illustrasie.(Foto: Unsplash)

Smul aan hierdie dis saam met jou gesin.

Genoeg vir 4-6

Bestanddele

  • 15 ml (1 e) olyfolie
  • 30 ml (2 e) Clover Mooi River-botter
  • 1 rooi ui, in dun wiggies gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 5 ml (1 t) borrie
  • 5 ml (1 t) gerookte of gewone paprika
  • 1 elk rooi, geel en groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
  • 1 chorizowors, in skyfies gesny
  • 300 g rys
  • 1 x 410 g-blik gekapte tamaties
  • 1 ℓ warm vis- of hoenderaftreksel
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 400 g bevrore seekosmengsel, ontvries
  • 8 steurgarnale, skoongemaak
  • 200 g bevrore ertjies
  • 60 ml (¼ k) Clover-room

Om op te dien

  • 30 ml (2 e) gekapte Italiaanse pietersielie
  • suurlemoenwiggies

Metode

  1. Verhit die olie in ’n wye vlambestande braaipannetjie of paellabak.
  2. Braai die uie en knoffel vir 4-5 minute.
  3. Voeg die borrie, paprika en soetrissies by en braai vir 2-3 minute.
  4. Roer die chorizo, rys, tamaties en aftreksel by en geur deeglik met sout en peper. Prut – roer elke nou en dan – vir 15 minute.
  5. Gooi die seekos en die steurgarnale by en prut vir nog 5 minute of tot die rys sag en die seekos gaar is. Roer die ertjies en room by en kook vir 2-3 minute.
  6. Garneer met die pietersielie en bedien met suurlemoenwiggies.

Bron: Gunsteling braairesepte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.