Jou baba is reg vir vingerkos wanneer hy al iets in sy vuis, of tussen sy vingers kan vashou en as hy al koubewegings maak. Die meeste babas van tussen 8 en 9 maande sal vingerkos geniet.
Lewer 8 driehoekies
Bestanddele:
- ½ ryp piesang, geskil
- 50 ml bors-, formule of beesmelk
- ʼn knippie gemaalde kaneel
- ʼn druppeltjie vanielje-ekstrak of geursel
- 2 snye bruinbrood, in driehoekies of vingertjies gesny
- botter vir braai
Metode:
- Verpulp al die bestanddele, behalwe die brood, in ʼn voedselverwerker en meng goed.
- Doop die brood in die mengsel en braai oor matige hitte in die botter tot goudbruin.
- Laat koel ʼn bietjie of voordat jy dit vir jou baba gee.
Wenk:
Tweedae-oue brood werk die beste, want vars brood is te sag en breek.
Bron: Koningskos vir kinders
Uitgewer: Lapa