Soorte resepte:

Resep: ‘Tiaan Proe’ se roerbraai

‘Tiaan Proe’ se roerbraai. (Foto: verskaf)

Tiaan Proe se roerbraai sal jou mond onmiddellik laat water en as iets oorbly, kan dit gebêre word om die volgende dag te geniet.

Bestanddele

  • 100 ml sojasous
  • 1 groot rissie, gekap
  • 50 g heuning
  • olie vir braai
  • 6 hoenderdytjies, ontbeen, in repies gesny
  • groot stukkie gemmer, gekap in klien repies
  • 6 knoffelhuisies, gekap
  • 1 groot pers ui, gekap
  • 200 g garnale, skoongemaak
  • 100 g spinasie
  • 3 bok choy in die helfte gesny
  • 3 wortels in repies
  • 1 pakkie eiernoedels, geweek in kookwater
  • vars koljander vir opdien

Metode

  1. Maak ’n vinnige roerbraaisous deur die soja, heuning en rissie saam te kook tot dit effens verdik. Hou eenkant.
  2. Maak seker al jou bestanddele is voor die tyd voorberei.
  3. Begin deur die uie te braai en voeg nou die hoender by.
  4. Nou kan jy die groente wat die langste neem begin byvoeg, roer die hele tyd en maak seker dat niks brand nie. Sodra die groente bygevoeg is, kan jy die sous en die noedels byvoeg.
  5. Tiaan gooi laaste die garnale in sodat hulle nie oorgaar word nie. Dien dadelik op met vars koljander.
  • Vir meer resepte kyk na Tiaan Proe elke Dinsdagaand om 21:00 op kykNET, DStv-kanaal 144.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Miena ·

mmm – ek het nie geweet mens kan garnale ook insit saam enige ander vleis gereg nie – hoe gaan dit proe?

Marilize ·

Hoender en garnale is baie lekker saam… veral “Chicken Prawn Curry”.
Probeer dit gerus.

domheks ·

“3 bok choy in die helfte gesny”
Is ek onnosel – weet nie wat dit is nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.