Soorte resepte:

Resep: Vars kruie-, roket- en sampioenslaai

Vars kruie-, roket- en sampioenslaai. (Foto: Lapa Uitgewers)

Kry daardie somerlyf reg met hierdie lekker slaai.

Lewer 4 porsies.

Bestanddele

  • 5 ml druiwepitolie
  • 250 g (1 pakkie) sampioene, in skywe gesny
  • 60 ml rooiwyn
  • 2,5 ml sout
  • 2,5 ml varsgemaalde swartpeper
  • 2,5 ml fyn gemengde kruie
  • 80 g roketblare
  • 125 ml vars basilieblare, geskeur
  • 125 ml vars vinkel
  • 60 ml gesnyde pikante rissies
  • 125 ml geroosterde amandelvlokkies

Slaaisous

  • 30 ml olyfolie
  • 15 ml balsamiese asyn
  • 2,5 ml sout
  • 2,5 ml varsgemaalde swartpeper

Metode

  1. Verhit die druiwepitolie in ʼn braaipan oor matige hitte. Braai die sampioene ʼn paar minute tot bruin en roer gereeld. Voeg die rooiwyn daarby en laat verdamp. Strooi die sout, swartpeper en kruie daaroor, meng en laat afkoel.
  2. Meng die roketblare, basilie en vinkel in ʼn slaaibak en strooi die sampioene en pikante rissies daaroor.
  3. Slaaisous: Meng die olyfolie, asyn, sout en swartpeper.
  4. Strooi die geroosterde amandels oor die slaai en sit voor saam met die slaaisous.

Bron: Slim laekoolhidraat-geregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.