Soorte resepte:

Resep-video: Geroosterde ham-en-kaas-wrap

Geroosterde ham-en-kaas-wrap. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Die begin van die nuwe jaar bring nie net die einde van ʼn vakansie mee nie, dit beteken dikwels ook die terugkeer na leë kosblikke, vervelige toebroodjies en ʼn verlange na die smullekker kos wat jy gedurende die feestyd geniet het.

Daarom gee ons dié Januarie vir jou ’n rede om uit te sien na die terugkeer werk toe met hierdie maklike, vinnige kosblikgereg.

Bestanddele

  • 1 wrap
  • ½ k gerasperde kaas, mozzarella en cheddar werk lekker
  • ’n paar ingelegde songedroogde tamaties, in kleiner stukkies gesny
  • 3 snye ham

Metode

  1. Pak die snye ham in die middel van die wrap in ʼn reguit lyn af.
  2. Sprinkel die songedroogde tamaties bo-oor.
  3. Sprinkel met ’n lekker laag kaas.
  4. Vou nou die kante van die wrap na binne dwars, sodat die vulsel heeltemal bedek is. Vou dan die wrap weer vertikaal in die middel sodat die oop punte aan die bo-kant bymekaar kom.
  5. Plaas dit dan in die broodjierooster totdat die kaas gesmelt het.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ’n plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.