Soorte resepte:

Resep-video: Klapper-en-pepermentballetjies

Klapper-en-pepermentballetjies. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

ʼn Peuselhappie om die jaar behoorlik mee af te skop is beslis nie te versmaai nie. Maak dié heerlike klapper-en-pepermentballetjies in ʼn japtrap om saam te neem werk toe of saam met ʼn beker boeretroos te geniet.

Jy kan ook die pepermentsjokolade met ʼn ander geur van jou keuse vervang.

Bestanddele

  • 2 pakkies (200 g elk) Mariebeskuitjies
  • 1 blik kondensmelk
  • 250 g botter of margarien, gesmelt
  • 2 plakke (90 g elk) pepermentsjokolade, gerasper
  • 5 k fyn klapper, om die balletjies in te rol

Metode

  1. Maak die Mariebeskuitjies baie fyn met die onderkant van ʼn blikbeker of met ʼn voedselverwerker.
  2. Meng die beskuitjiekrummels, kondensmelk, pepermentsjokolade en gesmelte botter saam.
  3. Rol lepels vol van die mengsel in jou hand om balletjies te vorm en rol dit in die klapper.
  4. Plaas dit in die yskas tot dit afgekoel het en hulle vorm behou.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ’n plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.