Soorte resepte:

Resep: Watertand worsgereg

Watertand worsgereg. (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie sakpasgereg behoort beslis in jou resepteboek.

Lewer 4-6 porsies.

Bestanddele

  • 15 ml olyfolie
  • 1 ui, gekap
  • 1 rooi soetrissie, ontpit en gekap
  • 2,5 ml borrie
  • 10 ml fyn komyn
  • 10 ml matige kerriepoeier
  • 500 ml kookwater
  • 30 ml blatjang
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 500 g rou boerewors of varkworsies, in skywe gesny
  • 1 blik (410 g) appelkooshelftes in sap
  • 375 ml rou rys

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  2. Verhit die olie in ʼn pan en soteer die ui en soetrissie saam.
  3. Voeg die borrie, komyn en kerriepoeier by en soteer dit liggies.
  4. Roer die kookwater, blatjang, sout en peper by en prut vir 5 minute.
  5. Rangskik die wors in ʼn 2 liter-oondbak en skep die uiemengsel bo-oor.
  6. Skep die appelkooshelftes met sap oor die wors en versprei dit egalig.
  7. Strooi die rys oor, bedek en stowe dit 45 minute of tot die rys net gaar is.
  8. Roer liggies deur en sit dit warm voor.

Bron: Sakpasgeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.