Soorte resepte:

Resep: Appel-strudel

Appel-strudel. (Foto: Vrugte/Lapa Uitgewers)

Kikker jou ete met dié lekker nagereg op.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 4 Granny Smith-appels, geskil, ontkern en in skyfies gesny
  • 125 ml rosyntjies
  • 125 ml suiker
  • 5 ml fyn kaneel
  • 50 g fyn amandels
  • 6 velle filodeeg
  • 100 g botter, gesmelt

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ‘n bakplaat met bakpapier uit.
  2. Meng die appels, rosyntjies, suiker, kaneel en amandels saam in ‘n bak.
  3. Verf gesmelte botter oor die een vel filodeeg en bedek dit met nog ‘n vel filodeeg. Herhaal die proses tot al die deegvelle gebruik is.
  4. Skep die vulsel op een van die kort rande van die deeg, maar hou die randstroke oop.
  5. Vou die randstroke in sodat die vulsel effens bedek word en rol die strudel op.
  6. Rangskik die strudel op die voorbereide bakplaat en verf gesmelte botter oor.
  7. Bak die strudel vir 40 minute of tot goudbruin bo-op.
  8. Laat die strudel effens afkoel en strooi versiersuiker oor. Sny in skywe en bedien.

Bron: Vrugte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.