Soorte resepte:

Resep: Appelkoos-pannekoek-koek

Appelkoos-pannekoek-koek. (Foto: Lapa Uitgewers)

As jy ʼn soettand het, is dié resep vir jou.

Bestanddele

  • 8 appelkose, gehalveer
  • 1 k water
  • 2 e bruinsuiker
  • 4 e suiker
  • 1 bossie basiliekruidblare
  • genoeg klaargebakte pannekoeke
  • 3 k styfgeklopte room
  • heuning (om die koek tydens bediening mee te bedruip)

Metode

  1. Gebruik jou rokertjie of jou metode van rook, en rook die appelkose vir 25 minute. Plaas hulle dan in ʼn pan met die water en die twee soorte suiker.
  2. Kook die mengsel liggies vir ʼn paar minute tot ʼn konfytagtige stropie vorm. Pak ʼn paar pannekoeke opmekaar, gevolg deur die styfgeklopte room, gerookte appelkoosstroop en basilieblare.
  3. Herhaal die lae tot al die bestanddele opgebruik is.
  4. Rangskik van die gerookte appelkose bo-op die pannekoek-laagkoek en bedruip die koek met ʼn bietjie heuning net voor opdiening.

Bron: Sjef Snoekie laat die potte sing
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.