Soorte resepte:

Resep: Cremora-yskastert

(Foto ter illustrasie. (Foto: an_vision/Unsplash)

Bederf jou soettand met dié liplek lekker yskastert.

Bestanddele

  • 500 ml Cremora-koffieverromer
  • 875 ml kookwater
  • 250 ml vlapoeier
  • 2 x 80 g pakkies jellie (enige geur wat jy verkies)
  • 2 x 200 g pakkies Marie-beskuitjies
  • fyngekapte pekanneute (opsioneel)

Metode

  1. Meng die Cremora met 375 ml kookwater in ’n kastrol, en verhit stadig tot kookpunt.
  2. Meng die vlapoeier met genoeg water om ’n stywe pasta met geen klonte te vorm. Roer die vla by die Cremora en laat dit oor lae hitte prut tot dik. Roer af en toe.
  3. Verwyder van die hitte en laat afkoel.
  4. Meng die jellie met die oorblywende 500 ml kookwater tot opgelos. Laat dit in die yskas afkoel tot effens gestol.
  5. Pak een pakkie van die beskuitjies onder in ’n langwerpige pasteibak.
  6. Skep die helfte van die vlamengsel oor die beskuitjies, gevolg deur al die jellie. Maak die jellie effens plat met die agterkant van ’n lepel.
  7. Skep die res van die vlamengsel oor die jellie en strooi die gekapte neute oor.
  8. Laat die tert in die yskas tot gestol en bedien met styfgeklitste room indien verkies.

Bron: Kook saam Kaaps
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anel ·

Klink baie lekker maar net ‘n vraag, hoekom 2 pakkies marie koekies as net een gebruik word of lees ek iewers iets verkeerd?

Nommer 7 ·

Eet maar die ander pakkie Marie saam met Nutella of Biscoff (spekulaas) smeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.