Soorte resepte:

Resep: Flori se yskastert

Flori se yskastert. (Foto: Lapa Uitgewers)

Bederf jouself, jy verdien dit.

Lewer 12 porsies.

Bestanddele

Koekiekors

  • 300 g (1 ½ pakkie) Tennisbeskuitjies, gekrummel
  • 60 ml botter, gesmelt

Jogurtlaag

  • 1ℓ aarbei-jogurt

Jellielaag

  • 1 k (250 ml) kookwater
  • 1 pakkie (80 g) aarbei-jellie
  • 1 blik (285 g) kondensmelk
  • 250 g vars aarbeie, ontstingel en gehalveer

Metode

  1. Kors: Meng die koekiekrummels en gesmelte botter goed saam en druk dit op die bodem van ‘n groot ronde 28 cm-tertbord of ‘n groot reghoekige bak vas. Druk die kors stewig in die tertbord vas met die agterkant van ‘n lepel.
  2. Jogurtlaag: Skep die aarbei-jogurt bo-op die koekielaag en maak dit gelyk.
  3. Jellielaag: Meng die kookwater en aarbei-jellie saam tot glad. Laat dit vir 5 minute afkoel en roer dan die kondensmelk by afgekoelde jelliemengsel. Skep dit versigtig bo-oor die aarbei-jogurt.
  4. Versier die bokant van die tert met halwe aarbeie en laat die tert vir 3 uur in die yskas stol. Sit voor saam met die oorblywende vars aarbeie.

Bron: Soettand
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Karoo ·

Dankie Flori…. glo hy is baie lekker, maar ek sal ‘n paar aanpassings maak sodat hy bietjie minder soet is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.