Soorte resepte:

Resep: Gebakte kaaskoekvierkante

Gebakte kaaskoekvierkante. (Foto: Lapa Uitgewers)

ʼn Gebakte kaaskoekhappie is beslis nie te versmaai nie.

Lewer 16-20 porsies.

Bestanddele

Krummelkors

  • margarien om te smeer
  • 125 ml semelkoekiekrummels (digestive biscuits)
  • 2 ml fyn kaneel

Kaaskoekvulsel

  • 5 eiers, geskei
  • 50 ml suiker
  • 500 ml geroomde maaskaas
  • 250 ml room
  • 100 ml gesmelte botter of margarien
  • 125 ml bykomende suiker
  • 75 ml mielieblom
  • 75 ml koekmeel
  • 30-50 ml suurlemoensap
  • 10 ml vanieljegeursel

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 160 °C en smeer ‘n reghoekige glasbak (± 28 x 18 cm) goed met margarien.
  2. Meng die koekiekrummels en kaneel en strooi dit oor die bak se bodem.
  3. Klits die eierwitte tot net ferm en klits die suiker geleidelik by. Voeg die eiergele by en klits net tot gemeng.
  4. Plaas die oorblywende bestanddele in ‘n groot bak en klits 3 minute lank baie goed. Vou die eierwit liggies, maar deeglik by die mengsel in tot egalig vermeng.
  5. Giet die mengsel in die bak tot 1 cm onderkant die rand. lndien daar te veel mengsel is vir die bak, skep dit in klein, gesmeerde bakkies en bak saam met die koek tot net ferm en goudbruin. Bak die koek ongeveer 35 minute lank tot goudbruin en ferm indien dit met die vingerpunte getoets word.
  6. Skakel die oond af, maak die deur effens oop en laat die koek minstens 30 minute of verkieslik 1 uur lank afkoel om vinnige inkrimping te voorkom en ‘n ligte tekstuur te verseker. Sny in vierkante en rond kort voor bediening af.

Bron: Teetyd lekkernye
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.