Soorte resepte:

Resep: Malvalekkertert

Malvalekkertert. (Foto: Lapa Uitgewers)

Kikker jou teetafel met dié unieke yskastert op.

Lewer 6‑8 porsies.

Bestanddele

Kors

  • 200 g (1 pak) Romany Creams, fyngemaak
  • 115 g/125 ml botter of margarien, gesmelt

Vulsel

  • 250 g (1 pak) malvalekkers, in stukkies gesny
  • 400 g neutsjokolade, in blokkies gebreek
  • 125 ml melk
  • 250 ml vars room, styfgeklits

Metode

  1. Meng die fyngemaakte koekies en gesmelte botter of margarien goed saam en druk die mengsel in ’n gesmeerde tertbord.
  2. Hou ’n paar stukkies van die malvalekkers vir garnering.
  3. Smelt die res van die bestanddele, behalwe die room, in ’n bak oor ’n pot kokende water. Roer aanhoudend.
  4. Laat dit effens afkoel en roer die room by. Meng liggies en skep die vulsel in die tertkors.
  5. Verkoel die tert ±1 uur en garneer met die oorblywende malvalekkers.

Bron: Yskasterte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nettie ·

Ek maak die “mousse” gereeld, maar sonder die kors en ek vervang die neutsjokolade met donkersjokolade. Vir helfte van ons familie haal ek ook die malvalekkers uit, so ek maak 2 bakke. Een met, een sonder malva lekkers. Dit kom altyd heerlik uit en is so maklik en eenvoudig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.