Soorte resepte:

Resep: Sjokolade-en-grondboontjiebotterpoeding

Sjokolade-en-grondboontjiebotterpoeding. (Foto: Lapa Uitgewers)

Bederf jou gesin met hierdie lekker poeding wat jy sommer in die prutpot kan maak.

Lewer 12 porsies.

Bestanddele

  • 375 ml koekmeel
  • 125 ml bruinsuiker
  • 5 ml bakpoeier
  • 5 ml koeksoda
  • 250 ml gladde grondboontjiebotter
  • 180 ml suurroom
  • 45 ml gesmelte botter
  • 5 ml amandelgeursel
  • 530 ml kookwater
  • 180 ml witsuiker
  • 90 ml kakao
  • 30 ml sjokoladestroop

Metode

  1. Spuit die prutpot se bak met kleefwerende kossproei.
  2. Meng die meel, bruinsuiker, bakpoeier en koeksoda saam in ‘n mengbak.
  3. Klits die grondboontjiebotter, suurroom, gesmelte botter, amandelgeursel en 30 ml van die kookwater in ‘n aparte mengbak tot glad.
  4. Sif die meelmengsel by die grondboontjiebottermengsel tot dit ‘n dik beslag vorm. Skep die beslag in die voorbereide bak van die prutpot.
  5. Klits die witsuiker, kakao en die res van die kookwater saam tot goed gemeng. Giet dit oor die beslag in die prutpot.
  6. Plaas kombuispapier oor die prutpot se bak sodat dit enige kondensasie wat tydens die kookproses plaasvind, kan absorbeer. Plaas die deksel op die bak.
  7. Stel die prutpot op hoog, en bak vir ongeveer 1½ uur, of tot die poeding van die bak se rande begin wegtrek en die bokant ferm voel.
  8. Verwyder die deksel en kombuispapier en lig die bak versigtig uit die prutpot. Laat dit vir 15 minute afkoel, en skep die poeding in bakkies. Giet die sjokoladestroop oor en bedien dadelik.

Bron: 50 Prutpotgeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.