Soorte resepte:

Resep: Tradisionele boeber

Tradisionele boeber. (Foto: Lapa Uitgewers)

Bederf jou soettand met hierdie Kaaps-Maleisiese nagereg.

Lewer 4 porsies.

Bestanddele

  • 1 liter melk
  • 1 stuk pypkaneel
  • 5 kardemomsade, oopgeskeur
  • 20 ml sago, geweek in
  • 50 ml water
  • 100 g vermicelli
  • 100 ml sultanas
  • 50 ml gepelde amandels, gekap

Metode

  1. Verhit die melk, kaneel en kardemomsade oor matige hitte tot kookpunt en voeg die sago en vermicelli by. Laat prut oor lae hitte totdat die sago deurskynend en die vermicelli sag is, ± 20-30 minute. Roer elke nou en dan om te keer dat dit aanbrand. Voeg nog melk by indien verkies.
  2. Voeg die sultanas en neute by.
  3. Verwyder die sade voordat dit voorgesit word.

Bron: Tradisionele kos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.