Soorte resepte:

Resep-video: Grondboontjiebotter-peuselhappies

Grondboontjiebotter-peuselhappies. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Hierdie maklike grondboontjiebotterblokkies is perfek vir daardie besige oggende waar ʼn behoorlike ontbyt gans te veel tyd steel.

Bestanddele

  • 1 k grondboontjiebotter
  • 1/3 k heuning (jy kan stroop ook gebruik)
  • 57 g botter
  • 2 k graanvlokkies (All-Bran-vlokkies), verkrummel
  • ¼ k fyn klapper
  • 1 k gedroogde bosbessies
  • wit sjokolade, gesmelt

Metode

  1. Spuit ʼn tertbak met kleefwerende kossproei en bedek met bakpapier.
  2. Meng die grondboontjiebotter en botter in ʼn mikrogolfbak. Kook dit in die mikrogolf op hoë hitte vir 1-2 minute. Roer dit elke 30 sekondes tot die mengsel goed gemeng en glad is.
  3. Gooi die graanvlokkies, klapper, heuning en bosbessies by die grondboontjiebotter en meng alles goed.
  4. Gooi die beslag in die voorbereide tertbak en druk dit plat om die bodem te bedek.
  5. Bedruip met gesmelte wit sjokolade en plaas dit in die yskas vir sowat 1 uur tot gestol.
  6. Haal uit die bak en sny in kleiner blokkies en geniet.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Karoo ·

As ek die vir ontbyt moet eet is ek letterlik “Kaaitjie van die baan” heeeeel dag lol.!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.